Haas | ||||
Latynse naam | Lepus | |||
Genitief | Leporis | |||
Afkorting | Lep | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 6h | |||
Deklinasie | -20º | |||
Grootte | 290 vk. grade (51ste) | |||
Kwadrant | NQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 8 | |||
Helderste ster | Arneb (Alpha Leporis) | |||
Naaste ster | Gliese 229 | |||
Sterre helderder as 3 m | 2 | |||
Sterre met planete | 3 | |||
Messier-voorwerpe | 1 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 20 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Jagter, Eenhoring, Groot Hond, Duif, Graveerstif, Eridanus | ||||
|
Die Haas (Latyn: Lepus) is ’n sterrebeeld wat suid van die hemelewenaar lê, net suid van die Jagter. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word soms uitgebeeld as ’n haas wat deur die Jagter of sy jaghonde gejag word.[1]